A Manuscript Poem by Dirk Mostert (c.1960)
A double-page manuscript “Slaper, Slaap” on the front and on the second page: “Jouw Glimlag o Skoonheid” Both poems have been written in pen.
I can’t find a reference to these poems.
Due to copyright restrictions, I’m unable to display a photograph of the full poem.
Provenance: I bought this from a prominent Afrikaans family in Johannesburg.
Dirk Mostert (*29 September 1897, Middelburg –† 11 Junie 1982, Pretoria) was 'n Suid-Afrikaanse skrywer. As skrywer debuteer hy aanvanklik as digter, maar verwerf veral bekendheid vir sy humoristiese verhale oor 'Oom Bart'. Gedurende sy loopbaan publiseer hy verskeie kortverhale, romans, en nie-fiksie wat bydrae tot die Afrikaner kultuur skatkis. Hy lewer ook vertaalwerk.
Sy letterkundige loopbaan begin in 1925 met die publikasie van die digbundel Elker siele. Die gedigte is egter weinig meer as rymelary. Van sy gedigte word in versamelbundels opgeneem, insluitende Die Afrikaanse poësie in 'n duisend en enkele gedigte, Uit ons digkuns, Digters op die toring, Pitkos en Junior verseboek. Sy gedigte Sluimer, beminde en Helde rus word deur S. le Roux Marais getoonset en in die FAK Sangbundel opgeneem.
'Oom Bart'
Hy verwerf veral wyd bekendheid vir sy humoristiese verhale oor Oom Bart, wat eers in Die Huisgenootverskyn en daarna in verskeie bundels saamgevat word, insluitende Petaljes van Oom Bart, Moleste in die Moot, Tien uitgesoekte petaljes van Oom Bart, Spektakels en debakels en Oom Bart se kontrei. Oom Bart is 'n sogenaamde boer wat af en toe 'n los werkie verrig. Die verhale volg gewoonlik die patroon waar Oom Bart op 'n Saterdagmôre kom kuier wanneer Meester allerlei werkies wil verrig in sy tuin of by sy hoenderhokke. Oom Bart het dan 'n hele reeks slimpraatjies en nuwe planne, wat hy op sy pittige manier oordra. Hy probeer gewoonlik ook om 'n paar pond by Meester te leen. Meester doen dan sy bes om hom op taktvolle wyse van sy ergste dwaashede te genees. Van hierdie verhale word later ook vir die radio verwerk.
Kortverhale
Nooientjies van die Onderland is 'n bundel vlot vertelde kortverhale sonder werklike diepgang, wat etlike speurverhale insluit. Uit my ou Vrystaat is nog 'n kortverhaalbundel met veral voorspelbare jeugliefde-intriges. Sy kortverhaal Amelia ontwaak word opgeneem in die versamelbundel Die jongste Afrikaanse kortverhale.
Romans
Hy skryf ook romans. Stad sonder siel behandel die tema van die jong man wat noodgedwonge en teen sy sin na die stad moes gaan om 'n bestaan te maak. Die werklike stryd om bestaan van die Afrikaner in die stad en die moeilikhede wat hier ondervind word, soos die teenkanting van die vreemde elemente en die uitwissing van die kleurskeidslyn, word egter meer bespreek as uitgebeeld. Ander romans is Fonteintjie ek sal nooit, Die roos van Radyn, Die metamorfose van Pietman Mol en Wie ken sy hart.
Nie-fiksie
Kultuur en lewe is 'n pamflet oor hierdie onderwerp wat deur die Afrikaanse Kultuurvereniging gepubliseer word, terwyl Fakkel en voorslag sy feesredes en 'n aantal opstelle oor die volkslewe bevat. 'n Reeks artikels gegrond op die dagboek van die Boere-spioen van Nederlandse afkoms, kaptein Henri Slegtkamp, verskyn in Die Huisgenoot in die vroeë dertigerjare en Mostert publiseer dit dan in boekvorm as Slegtkamp van Spioenkop. Slegtkamp gee in sy dagboek 'n lewendige beskrywing van die eerste groot veldslae in Natal en hy vertel hoe hy later by Danie Theron se verkennerskorps aangesluit het en verder saam met kaptein Jack Hindon aan die guerrilla-oorlog deelgeneem het. Mostert stel ook die Gedenkboek van die ossewaens op die pad van Suid-Afrika in 1940 saam.
Some foxing; creasing and thumbing.
202mm x 330mm
R15,000